“DIE BLOU VAN ONTHOU TOER” na Portugal saam met Marita Van Der Vyver

“DIE BLOU VAN ONTHOU TOER” na Portugal saam met Marita Van Der Vyver SEPTEMBER: 15 – 26 SEP, 2017 Toerprys verlaag! Net R45,000 per persoon wat deel! Ons hou die groep klein - 'n toergroep vir mense wat gewoonlik nie van toergroepe hou nie - en jy kan ook van buite SA by ons aansluit.

Sonwarm strande, ‘n sprokieskasteel, wingerde teen die hange van heuwels, skilderagtige Ouwêreldse stede …. Dít alles kry jy in Portugal te sien. Van die dramatiese kranse langs die kus van die Atlantiese oseaan tot die golwende heuwels en wingerde van die Duoro Vallei in die noorde is Portugal ’n land van uitsonderlike verskeidenheid gegewe hoe klein die land is. Dit is heeltemal waar – Portugal is nie meer die stil, onbekende bestemming van dekades gelede nie. Dit is egter steeds moontlik om die skares te vermy en ’n reis te onderneem wat jou ryklik sal beloon. Ons toer sal die volgende spesifieke bestemmings insluit:

Sonwarm strande, ‘n sprokieskasteel, wingerde teen die hange van heuwels, skilderagtige Ouwêreldse stede …. Dít alles kry jy in Portugal te sien. Van die dramatiese kranse langs die kus van die Atlantiese oseaan tot die golwende heuwels en wingerde van die Duoro Vallei in die noorde is Portugal ’n land van uitsonderlike verskeidenheid gegewe hoe klein die land is. Dit is heeltemal waar – Portugal is nie meer die stil, onbekende bestemming van dekades gelede nie. Dit is egter steeds moontlik om die skares te vermy en ’n reis te onderneem wat jou ryklik sal beloon. Ons toer sal die volgende spesifieke bestemmings
insluit:

 

image 2Ons gaan die klipstegies van LISSABON verken. Die oudste, tradisionele winkels in Baixa, die hart van die stad, bekyk en ‘n tradisionele ‘Fado’ aand beleef. Maar in teenstelling daarmee ook die prentjie-mooi dorpies op pad na Oporto geniet.

 

image 6In sprokiesagtige SINTRA móét ons vertoef. Hier is die Palácio da Pena een van die beste voorbeelde van die 19e eeus opwekkingsbeweging in Portugal. Geleë bó teen Monte da Pena, is die paleis op die perseel van ’n ou klooster van die Orde van St. Jerome gebou.

 

image 5Omtrent halfpad tussen Lissabon en Porto in die noorde, lê COIMBRA – eens die hoofstad van Portugal. Die doolhof van middeleeuse straatjies en kerke van hiedie stad is só skilderagtig dat dit verstaanbaar is waarom dit deur sommige mense as die mees romantiese stad in Portugal beskou word. ÈVORA is ’n unieke, historiese stad, gevestig deur die Romeine. Twee-duisend jaar oud, is hierdie stad ook ’n doolhof van strate, Moorse binnehowe, Renaissance fonteine, Gotiese ingange en torings. Dié pragtige stad aan die voet van ’n bergreeks met dieselfde naam is ook deur UNESCO as ’n Wêrelderfenisgebied verklaar.

 

Ons doen ook aan by ÓBIDOS met sy witgekalkte huise, en kleurryke bosse bougainvillea en kanferfoelie. Die stad word omring deur middeleeuse mure met toegang deur die suidelike hek van Santa Maria wat met agtiende eeuse Azulejo teëls versier is. Die Moorse kasteel wat bó die dorp uittroon, is nou ’n Pousada.

 

Ons besoek AVEIRO op die Weskus van Portugal, suid van Oporto wat bekend staan as die “Veniesie” van Portugal met sy romantiese kanale en kleurvollebootjies(barcos moliceiros). Aveiro was eers ‘n vissersdorpie waar mense van die riviere, sea en sout ‘n lewe gemaakhet. Wandel deur die nou strate van die Costa Nova buurt met sy tipiese kleurvolle huise.

 

Dan is daar die poort tot die noorde van Portugal – PORTO, die tweede grootste stad in die land.Met sy pragtige ligging aan die mond van die Douro Rivier, en sy uitsonderlike argitektoniese skatte is die historiese hart van Porto in 1996 as ’n UNESCO Wêrelderfenisgebied verklaar. Die Cais da Ribeira rivieroewer is die skilderagtigste deel van Porto met sy nou straatjies en eeue oue geboue. Dit is ’nromantiese deel van die stad wat teen sonsondergang begin lewe wanneer restaurante, cafés en kroeë hulle deure oopgooi. Dit is maar ‘n smakie van hierdie heerlike, prettige toer saam met Marita.

 

Maksimum 15 toerlede
Skakel: Kitty Snyman tel. (021) 462 7022
E-pos:kitty@rufaro.co.za

Save