“BONJOUR VIETNAM” – die Franse invloed: 12 – 22 APRIL 2019

On this tour we show why Vietnam is on the top of everyone’s travel list. With its dramatic landscapes, fascinating history, fabulous food and pulsating energy. Not only do you get to see all the highlights of Vietnam and learn about its fascinating history, but we have a great deal of fun doing a cooking class in Hanoi, cycling along the Mekong Delta, morning exercises in the park, a luxury cruise on Halong Bay, riding in cyclos and enjoying good traditional food.

Vietnam is seker aan die meeste van ons bekend danksy rolprente soos “Good Morning Vietnam” uit die tagtigerjare – twaalf jaar ná die oorlog beëindig is. Voorheen het Viêtnam een honderd jaar lank  onder Franse bewind bekend gestaan as Frans Indo-Sjina, tot hulle onafhanklikheid verkry het in 1954. Tot vandag toe is daar dus ‘n sterk Franse invloed in dié land.

Die toer skop af in Ho Chi Minh City (Saigon), bekend vir die rol wat hierdie stad tydens die Vietnamese oorlog gespeel het. Ook is die stad  bekend vir sy Franse koloniale nalatenskap soos die Notre Dame Katedraal wat aan Parys herinner. Trouens, die katedraal is in geheel gebou uit materiaal wat vanaf Frankryk ingevoer is. So is daar ook die Sentrale Poskantoor. Op ‘n daguitstappie besoek ons die ondergrondse Cu Chi Tonnels (250 km lank), tesame met ‘n bootvaart langs die Mekong Delta, bekend as die “rys-pot” van Vietnam. Dié uitstappie gee ‘n mens ‘n besonderse insig in die alledaagse lewe langs die Mekong Delta.

Daarna vlieg ons na Hue, ‘n UNESCO  Wêreld Erfenis gebied. Hierdie stad was eertyds die Imperiale Stad asook die hoofstad van Vietnam. Die stad is ontwerp na die voorbeeld van Beijing se Verbode Stad, maar vandag onthou ons dit as die stad waar een van die langste, bloeddorstigste veldslae hom in 1968 afgespeel het. Ons reis dan verder na Hoi An, nóg ‘n UNESCO Wêreld Erfenis gebied, voorheen die Imperiale Stad van die Cham. Hoi An word beskryf as die “Venesië van Viëtnam” en is een van die mooiste plekke in Viëtnam om te besoek. Ons onderneem ‘n bootvaart oornag in Halong Baai (weer eens ‘n UNESCO Wêreld Erfenis Gebied) waar meer as 2000 eilande uit die  see verrys.

Hanoi, die hoofstad van Vietnam is bekend vir sy eeue oue argitektuur en ‘n ryk kultuur wat sterk beïnvloed is deur Suid-Oos Asië, Sjina en Frankryk. Die hart van die stad is die chaotiese, fassinerende Ou Buurt waar vele voorbeelde van koloniale argitektuur sy aan sy in nou straatjies te sien is. Een van die hoogtepunte van hierdie stad is Vietnam se eerste universiteit wat in 1070 gebou is. Die duisend jaar oue “Tempel van Letterkunde” is ‘n verruklike tempelkompleks oorspronklik opgerig ter ere van die Sjinese wysgeer Confucious.

Daar is inderdaad méér as genoeg redes waarom jy Vietnam opwindend en fassinerend sal vind:
– Straatkos:  Om die daaglikse lewe van die Vietnamese waarlik te ervaar, moet jy eenvoudig die beste, eg-Vietnamese lekkernye by die straatmarkte, nederige restaurante en stalletjies langs die straat geniet. Heelwat van Vietnam se stapelvoedsels is Franse disse wat plaaslike bestanddele bevat, soos omelette, baguettes, croissants en alles wat in botter gebraai word.
– Motorfietse: Wanneer ‘n mens Vietnam besoek, is dit uiters noodsaaklik om te leer hoe om ‘n straat oor te steek aangesien daar tans bykans 39 miljoen motorfietse in Vietnam is.
– “Cyclos”: Hulle is nou slegs ‘n oorblyfsel van die Franse koloniale era, en is lankal vervang deur fietse en motorfietse. Nogtans tref mens hulle nog aan naby die Citadel in Hue, asook in Ho Chi Minh City  en ook in Hanoi se Ou Buurt.
-Koffie:  Naas Brasilië is Vietnam die grootste uitvoerder van koffie ter wêreld.
– Markte met vars seekos, vars groente, kruie, vleis en speserye. ‘n Merkwaardige aspek van markte in Vietnam is dat daar geen sterk of onaangename reuke is nie aangesien alles so vars is.
“Noodle” soppe: “Pho” is dié spesialiteitsgereg in Vietnam. Dit bestaan uit rys “noodles” in ‘n geurige sop met vleis en ‘n verskeidenheid groen groentes. ‘n Mens kan maande lank in Vietnam deurbring sonder om dieselfde sop twee maal te eet.
– Stedelike parke: In die vroeë oggendure en weer teen sonsondergang tref mens groepies Vietnamese mans en vroue wat elke moontlike oefening onder die son saam doen.

Op hierdie toer sal jy nie alleenlik al die hoogtepunte van Vietnam te siene kry en meer van sy geskiedenis leer nie. Daar sal ook voldoende pret wees: ‘n kookklas en ete in Hanoi met ‘n beroemde sjef, fietsry langs die Mekong Delta, oggendoefeninge in ‘n park, ‘n weelderige bootvaart in Halong Baai, ‘n cyclo rit – en bowenal, goeie tradisionele Vietnamese kos en vriendelike mense.
Alles in die geselskap van Marita van der Vyver, gewilde Afrikaanse skrywer wat die Franse kultuur ken en verstaan.
KOSTE:  R42,500 pp wat deel / R51,950 per enkelkamer
(Maksimum 14 mense)
Koste sluit in:
– Akkommodasie in 4* hotelle
– alle toere en toegangsfooie
– meeste maaltye
– Ekonomieseklas retoervlugte van Johannesburg

KONTAK: Kitty by : kitty@rufaro.co.za